Onderrig
Die Sentrum verskaf onderrig oor ’n Kursus in Wonders by wyse van:


  • inleidingsessies – ’n oorsig word verskaf van die Kursus se belangrikste beginsels en terminologie. Dit behels gewoonlik ses weeklikse sessies van ongeveer 'n uur en 'n half elk. Individuele onderrig kan ook gereël word.

  • werkswinkels en lesings - sal van tyd tot tyd aangekondig word. Besoek ook ons Blog.

  • besprekingsgroepe - hier kry studente die geleentheid om die inhoud van die Kursus te bespreek en te oordink.Groepe kom gewoonlik een keer per week bymekaar en maak maandelikse bydraes tot die Sentrum. Kyk onder Groepe en Organisasies waar groepe aangebied word.

  • een-tot-een onderrig en voorligting is ook beskikbaar met behulp van individuele-, telefoon- en skype sessies. Deur gereeld van 'n spirituele mentor gebruik te maak, kry jy die geleentheid om vinniger deur die struikelblokke tot jou innerlike Vrede te werk - makliker as op jou eie. Dit stel jou in staat om

             - 'n duideliker, dieper begrip van spirituele Waarheid en Selfverwesenliking te kry
             - die struikelblokke te identifiseer en dit in 'n veilige atmosfeer deur te werk
             - op jou kwessies te fokus en nie die algemeenhede wat in groepe bespreek word nie.


  • boeke, oudiobande, CD's en DVD's is as onderrigmateriaal beskikbaar. Studente wat maandelikse bydraes tot die Sentrum maak, kan die materiaal gratis gebruik. Enigeen het egter toegang daartoe mits 'n donasie aan die Sentrum gemaak word. Vir 'n opsomming van ons beskikbare materiaal besoek Kursus Materiaal.






Email us | Tel  +27(0 78 2844042   Fax 27 86 7510248
© Copyright  by A Centre for Miracles.